Kaartjies

Daar sal enkele kaartjies by die deur wees maar ons stel voor jy koop jou kaartjie baie vroeg al deur NuTickets – HIER

 

Lekker Boerekos

Boerekombuis-restaurante. Dit geskied volgens
temas en word bestuur deur skole as fondsinsamelings.
Biertuin en Wynproe

Musiek

Musiekvermaak met net die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf
FAK saamsingaand met Steve Hofmeyr wat die program lei en nuwe kleur en klank aan die immergewilde liedjies gee.  Kliek hier vir die bekenstelling van ons kunstenaars.

Vermaak

Plaaswerf ervaring met diere, trekkers, perde, trekboergilde.
wamakers, hoefsmid, temadrag, perdekarre ens.
Stalletjies met slegs handwerk- en kunsstalletjies.
Tentedorp (Kamparea) op die terrein.